Operating Hours: Mon-Fri 8am – 5pm
28 Brebner Road, Westdene, Bloemfontein, 9301
051 430 0048
reception@ilouiseleroux.co.za
Request an Appointment
  • Home
  • About Us
  • Services
  • Patient Feedback
    • Speech Therapy – Survey
    • Hearing Test – Survey
    • Hearing Aid Fitting – Survey
  • Patient Details
  • News
  • Contact

Newsletter – April 2026

7th April 2026
Uncategorized

Download the full April 2026 newsletter (PDF)

Easter Edition
Newsletter

‘n Ode aan
Dr. Ludwig de Jager

Ek dra graag hierdie uitgawe van ons nuusbrief
op aan ons geliefde kollega, Dr. Ludwig de Jager.

In 2022 loop die gerugte rond in Medi-Clinic dat daar ʼn nuwe Oor-Neus en Keel spesialis kamers open. Hy is blykbaar in sy sestigs, het lank in Kanada gewerk maar sien kans vir ‘n Privaat Praktyk. Ek sien in my geestesoog ʼn nors gesette man wat dink hy is die Chuck Norris van ONK.

Ek probeer nog my moed bymekaar skraap om die twee vloere op te stap om myself te gaan voorstel toe daar ’n klop aan my deur is. ’n Skraal man met ’n fyn blaarmotief hemp en ’n breë glimlag kyk vir my oor sy moderne bril “Ek is Ludwig de Jager en ek hoor jy is die beste oudioloog in Medi-Clinic.” Ek vang dadelik sy grappie want ek is eintlik net die enigste oudioloog in Medi-Clinic.

’n Paar dae later is dit maklik om die twee vloere op te stap na sy spreekkamer. ’n Helder ronde mat met gesigsfigure daarop begroet jou. Daar is ‘n verskeidenheid kuns teen die muur, ’n draad figuur hang aan die lig, daar is ’n plakkaat van die fliek Lalla land en ʼn week later is die vervang met ’n plakkaat van Batman.

‘Die mannetjie hang nou aan die horlosie en die voëltjies op sy lessenaar se vlerke is ’n ander kleur geverf, lugballonne hang teen sy dak. Ek raak gou gewoond aan: “Ilouise kom kyk gou hier.” Hy wys my video’s van stembande, bespreek interessante gevalle. “Wat dink jy?” Is ’n vraag wat ’n mens nie gereeld hoor uit ’n spesialis se mond nie, maar hy bly vrae en dit laat my dink, wonder, leer en oplees. My horisonne verander soos sy spreekkamer se dekor gereeld verander.

Die pasiënte kom terug en is verstom oor sy deeglikheid maar ook sy deernis. Ek hou dop hoe respekvol hy met sy ontvangspersoneel werk, hulle erkenning gee vir die sukses van elke pasiënt. Ek staan verstom oor hoe hy elke skoonmaker op die gang se naam ken en ’n skerpsinnige bynaam vir almal gee. Ek giggel soms vir sy beskrywings in verslae wat hy met ’n tong-in-die-kies tog die spyker op die kop slaan.

Ek vra eendag vir hom watter werk sou hy wou doen as hy nie ’n spesialis geword nie. Sonder om te aarsel is sy antwoord, ’n dirigent. Ja wraggies, ek kan hom sien met swaelstert pak klere aan en ’n dirigent stokkie in die hand. Hy het wel ’n loopbaan in medisyne gekies. Maar ek dink tog dat hy wel ons begelei het. Dr. De Jager het gewys hoe ’n hospitaal ook verskillende instrumente het, ’n verskeidenheid van kleure en klank, en of jy ’n nederige driehoekie is of ’n kontrabas, elkeen vervul ’n belangrike rol.

Onder sy leiding was daar vir ‘n paar jaar wonderlike harmonie en die mooiste musiek. Want net ‘n bekwame dirigent kan elke instrument tot sy reg laat kom. Ek is verewig dankbaar vir my plek in Dr. Ludwig de Jager se orkes. -Ilouise le Roux

Vroeë Siftings in Graad R by Bambi Pre-Primêre Skool

Vroeë identifikasie laat ons toe om betyds ondersteuning te bied.

Graad R siftings by Bambi Pre-Primêre Skool

Ons praktyk het onlangs siftings toetse by skole uitgevoer, met fokus op vroeë geletterdheid, taalvaardighede en artikulasie van Graad R-leerders.

Hierdie toetse is belangrik omdat dit vroeë tekens van leer- en kommunikasie-uitdagings kan identifiseer. Wanneer hierdie vaardighede vroeg ontwikkel word, lê dit ’n vaste fondasie vir lees, skryf en akademiese sukses.

Teen die einde van Graad R behoort kinders oor basiese vaardighede te beskik om suksesvol in Graad 1 aan te pas.

Vaardighede wat Graad R-leerders behoort te bemeester

Taalvaardighede:

  • Gebruik en verstaan eenvoudige en komplekse sinne
  • Volg 2–3 stap instruksies
  • Gebruik korrekte grammatika en voldoende woordeskat
  • Vertel stories of beskryf gebeure

Fonologiese Bewustheid (Vroeë Geletterdheid):

  • Tel of klap lettergrepe
  • Identifiseer en formuleer woorde wat rym
  • Identifiseer begin-, middel- en eindklanke in woorde, weglating en samevoeging van klanke
  • Segmenteer en kombineer klanke

Artikulasievaardighede:

  • Vroeë klanke: p, b, m, n, t, d, k, g, f
  • Middelklanke: v, s, z, l, j
  • Later ontwikkelende klanke: r, ch, sh (Alle klanke moet verstaanbaar gebruik word teen ouderdom 6)

Vroeë identifikasie laat ons toe om betyds ondersteuning te bied.

We Celebrated World Hearing Day

“From communities to classrooms: hearing care for all children!”

This year for World Hearing Day 2026, our team took hearing care into the classroom at Willem Postma Primary School.

We focused on school hearing screenings, helping to identify possible hearing difficulties early—because hearing plays such an important role in learning, speech, and overall development.

Early detection can make all the difference when it comes to:

  • Listening in the classroom
  • Speech and language development
  • Confidence and participation

It was a pleasure working with the learners and promoting hearing health awareness in an engaging and accessible way.

World Hearing Day screening at Willem Postma Primary School World Hearing Day screening at Willem Postma Primary School
World Hearing Day screening at Willem Postma Primary School

Remember: Even a mild hearing difficulty can impact a child’s ability to learn. Regular screenings are key!

Van Stilte na Skoolklokke:
SW se Suksesverhaal

SW Saunders in Graad 1
SW Saunders in Graad 1

Ons seun, SW, is doof gebore… en daardie dag met die diagnose het ons harte vir ’n oomblik gaan stilstaan. Die onsekerheid, die vrae en die vrese oor sy en ons toekoms het swaar gelê.

Ons het ’n wêreld betree wat vir ons heeltemal onbekend was. Maar vandag kyk ons terug en sien hoe ongelooflik sy pad ontvou het.

Ons het met diagnose op 3 maande oud met gehoorapparate begin en op net 8 maande oud het SW sy eerste koglêre inplanting gekry.

Dit was ’n groot en emosionele besluit vir ons as gesin, maar dit het vir hom die geleentheid gegee om ’n wêreld van klank te begin ontdek.

Omdat hy vroeg gediagnoseer is, kon ons vinnig begin met die regte hulp.

Spraakterapie het ’n groot rol gespeel in sy ontwikkeling. Met soveel geduld, liefde en deursettingsvermoë – en met die ongelooflike ondersteuning van sy spraakterapeut, Ilouise – het SW stap vir stap begin groei. Klank vir klank, woord vir woord.

Vandag is SW ses jaar oud en hy is in ’n hoofstroom skool. As ek sien hoe hy aanpas, lees, speel, leer en deel raak van die wêreld om hom, vul dit my hart met trots en dankbaarheid.

Die pad was nie altyd maklik nie. Daar was al dae vol bekommernis en twyfel. Maar elke klein oorwinning – elke nuwe woord, elke stukkie begrip – het vir ons hoop gegee en ons geloof versterk.

SW het ons geleer om anders te kyk na die lewe. Om die klein dinge raak te sien en groot te vier. Hy wys ons elke dag dat ’n kind nie deur sy uitdagings gedefinieer word nie, maar deur sy moed, sy deursettingsvermoë en sy unieke lig.

Hy is nie minder nie – hy is besonders.
Ons is dankbaar vir die tegnologie, vir vroeë diagnose, en spesifiek vir spraakterapie en vir elke persoon wat saam met ons op hierdie pad stap.

Maar bo alles is ons dankbaar dat SW – ’n inspirasie en lewende getuienis van hoop kan wees.

– Janeke Saunders, SW se ma.

Music Is Everywhere…
But So Are the Risks

Young adults showing signs of noise-induced hearing loss

Music Is Everywhere… But So Are the Risks

From shopping malls to car rides, from late-night study sessions to weekend hangouts—music is everywhere. For many teenagers, it’s more than just background noise; it’s a mood, an escape, and a way to connect. But while we’re turning up the volume, very few of us are thinking about what it might be doing to our hearing.

A 2025 study conducted at a South African university revealed that 70% of students regularly listened to music at high volumes, often without understanding the long-term risks. Globally, between 14% and 28% of young adults already show signs of noise-induced hearing loss (NIHL), now the second most common acquired hearing disorder worldwide.

The reason is simple: our ears are not designed for constant exposure to loud sound. Inside the inner ear are tiny, delicate hair cells that convert sound into signals your brain can understand. Once these cells are damaged, whether from blasting music through headphones or prolonged exposure to loud environments, they do not repair themselves. The damage is permanent. What makes this especially concerning is how quietly it happens. Hearing loss develops gradually. You might start noticing that conversations in crowded places become harder to follow, or that you need to increase the volume more than before. Some people experience a constant ringing or buzzing in their ears, known as tinnitus, something that can become difficult to ignore over time.

Protect your hearing

The good news is that noise-induced hearing loss is largely preventable. A few simple habits can protect your hearing: take regular listening breaks, follow the 60/60 rule (no more than 60% volume for 60 minutes at a time), and be mindful in loud environments like concerts or parties.

Protecting your hearing doesn’t mean giving up music, it means making sure you can enjoy it for years to come.

You can always turn the volume down—but you can never turn your hearing back up.

On Our Calendar

2 April – World Autism Awareness Day
A day to raise awareness and promote understanding, acceptance, and inclusion of individuals with autism.

7 April – World Health Day
A global initiative that highlights the importance of overall health and well-being, encouraging individuals and communities to take steps towards healthier lives.

23 April – World Book Day
Reading supports language development, imagination, and communication—making books a powerful tool for every child’s growth.

May – National Speech, Language and Hearing Month
May celebrates the importance of communication and raises awareness about speech, language, and hearing health. It highlights how these skills affect learning, social interaction, and quality of life, encourages early identification of challenges, and recognises the vital work of professionals who help people communicate effectively.

Let’s Play…

“It is a happy talent to know how to play.”

Easter Bunny Word Search

Designed & compiled by Hardia Crous

Previous Post
Newsletter – January 2026
Next Post
Newsletter – September 2026

©️ 2018, Ilouise le Roux Speech-Language Therapist and Audiologist – Bloemfontein.. Website proudly designed by Wired Ink.