



The people who have trusted us so far
Ilouise and her team will leave no stone unturned to ensure the best outcome for their patients. Their passion, commitment and love for what they do is obvious in the way they approach each family. I am proud to be associated with them and the excellent service they deliver.
My son (now 2 years old) who is profoundly deaf and has a cochlear implant has started using spoken language all thanks to Ilouise’s hard work and dedication. Speech therapy is her passion and not just a job.
Ilouise Le Roux en haar span is briljant in audiologie wat beide gehoor en spraakterapie betref.
Hulle is ook akademies uitstekend en sal hulle enige tyd aanbeveel.
My dogtertjie was meer as 2 jaar by Ilouise vir spraak. Ons het baie meer as n spraakterapeut gekry. Sy leer n mamma om beter te verstaan waar deur ń kind gaan wat gehoorgestremd is. Sy leer vir jou so baie wat jy as ouer kan doen om te help met die huiswerk en nog baie meer.
It was a very pleasant experience to have my hearing tested and hearing aid fitted at the firm of Ilouise le Roux.
The hearing test and the fitting of the hearing aid was done in a very professional and friendly manner.
Furthermore they handled and completed all matters regarding my medical aid so that I did not need to contact the medical aid even when they had queries.
Professioneel, kundige en vriendelike diens.
Marlé is ons 6 jarige dogtertjie en in Gr 1! Ons pad het in Junie 2018 met Christine en Ilouise gekruis! Marlé het 3 keer in haar kort lewetjie grommets gekry en na die laaste keer het ons aan Dr. Johan Grobbelaar genoem dat ons agter kom dat Marlé sukkel om te hoor!! Ons het haar ore laat toets by Christine en sy het agter gekom dat Marlé nie ‘n gehoorprobleem het nie, maar ‘n klankprobleem!! Na baie navorsing en baie telefoonoproepe en eposse tot oorsee het Christine en Ilouise op die regte apperate vir Marlé se oortjies gekom!!
Ons liefste dogtertjie doen so goed in die skool en akademie is nie ‘n uitdaging nie!!
Dankie aan Christine en Ilouise dat julle ons dogtertjie se lewe vergemaklik het!!
Friendly and Professional.
Exceptional service, very welcoming environment.
My seuntjie is al langer as 5 jaar ‘n pasient by Ilouise le Roux. Vir ons is die praktyk ‘n tweede huis. Afsprake word altyd stiptelik nagekom. Vir my is Ilouise nie net ‘n terapeut nie maar ‘n mamma wat al die uitdagings van kinders verstaan en altyd ‘n oor het om te luister. Die personeel by die praktyk is baie vriendelik en hulpvaardig. Ek kan die praktyk met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.
Beste wat daar is, Ilouise het my seun fantasties gehelp.
Moedverloor se vlakte, dis waar ons was 3 jaar terug toe ons dogtertjie op 2 gediagnoseer was met gehoor verlies. Ons was verwys na Ilouise. Sy’t soveel wonderwerke met ons dogtertjie verrig. Ek het nooit gedink dat sy so baie woorde op 5jaar sal kan praat nie. Ilouise gee al die regte gereedskap vir ouers om die kinders se pad makliker te maak. Sy het ons so baie gehelp en ek is so bitter dankbaar vir dit wat sy al gedoen het vir ons dogtertjie en ook vir ons. Ilouise is nou ʼn lid van ons gesin. Haar oor is altyd daar vir ons en sy help graag waar sy kan. Dankie is n klein woordjie vir haar groot hart en behulpsaamheid en als wat sy vir ons doen.

